Oudit-oorsig kan nie plaaslik gereguleer word nie – onvolhoubaar
Die Namibiese Openbare Rekenmeesters- en Ouditeursraad het ‘n Wetsontwerp vir openbare kommentaar uitgereik wat voorstel dat risiko, bedrog en finansiële beplanning, onder andere onder die regulering van ‘oudit’-dienste val wat deur die raad gereguleer sal word. Die klein ledetal in Namibië maak dit nie haalbaar om ‘n Namibiese reguleerder te stig nie. Eben de Klerk, ‘n navorser van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit sal onvolhoubaar word.