Malema vra vir Zuma-kwytskelding
Die leier van die EFF in die buurland, Julius Malema, het ‘n beroep gedoen op President Cyril Ramaphosa om oudpresident Jacob Zuma kwyt te skeld, sou die Departement van Korrektiewe Dienste besluit om hom terug te stuur tronk toe. Die Konstitusionele Hof het verlede week ‘n poging van die hand gewys om die Appèlhof se bevel oor Zuma se vrylating op mediese parool om te keer. Zuma is in 2021, 15 maande tronkstraf opgelê weens minagting van die hof. Malema sê ‘n presidensiële kwytskelding kan help om ‘n herhaling te voorkom van die onluste van Julie 2021.