Zuma kry mediese behandeling in Moskou
Die Jacob Zuma-stigting het bekendgemaak oudpresident Jacob Zuma kry mediese behandeling in die Russiese hoofstad, Moskou, aangesien hy ongesteld is. Die aankondiging volg nadat die Konstitusionele Hof Korrektiewe Dienste verlof geweier het om te appelleer teen die beslissing van die Appèlhof, wat beveel het Zuma moet terugkeer tronk toe. Die hof het beslis ʼn appèl-aansoek in die saak het geen redelike kans op sukses nie. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma sal na verwagting volgende week na Suid-Afrika terugkeer.