Broer en suster in Tsumeb-hof oor bloedskande

‘n Broer en suster verskyn vandag in verband met bloedskande in die Tsumeb-landddroshof. Die 21-jarige suster van die Saamstaan-nedersetting het Woensdagaand die Nomtsoub-polisiestasie besoek om ‘n klag van aanranding teen haar 26-jarige broer aanhangig te maak. Volgens die Namibiese polisie het haar broer haar haar glo aangerand omdat sy ‘n kêrel het. Tydens die ondervraging het sy onthul dat sy en haar biologiese broer die afgelope twee jaar in ‘n seksuele verhouding is. Albei is in hegtenis geneem.