Ekonome sê daar is hoop vir 2023
Ekonome het hul reaksie gegee op die jongste kwartaallikse ekonomiese oorsig en sê daar is hoop vir 2023. Daar is voortdurende groei in die mynbousektor en verhoogde buitelandse beleggings in die mineraalbedryf, olie- en gas-eksplorasie, en die groenwaterstof-loodsprojekte. Dit word ondersteun deur onder meer veerkragtige voertuigverkope, goeie bemarking van lewende hawe, verbeterde vis-uitvoere, en goeie kamerbesettings in die toerismesektor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Angelique Bock, ‘n navorsings-assistent by Simonis Storm, wat meer deel.