Vermeende koperkabeldief doodgeskok
Koperkabeldiefstal het ontaard in ’n groot uitdaging in Namibië. ‘n Vermeende koperkabel-dief in die Noorde het sy moses teëgekom toe hy doodgeskok is. Die 21-jarige man was vermoedelik besig om koperkabels in die Ekamba-nedersetting naby Oshakati te steel, want die tang wat gebruik is om die kabels te sny, is langs sy liggaam gevind. Die voorval het plaasgevind by ‘n krag-transformator wat agter die Ekamba-kliniek gekoppel is. Nadat ‘n anonieme oproep ontvang is, het paramedici van die Oshakati-staatshopsitaal die liggaam van die oorledene, afkomstig van die Omafo-nedersetting, gaan haal. Charlie Matengu, woordvoerder van Cenored, waarsku voornemende koperkabeldiewe…