Busa: Aanvalle op vragmotors nie toevallig
Business Unity South Africa veroordeel die onlangse vlaag aanvalle op vragmotors op hoofweë in Suid-Afrika. Minstens 20 vragmotors is tot dusver aangeval. Busa se president, Bonang Mohale, glo die tydsberekening van die aanvalle saam met die tweede herdenking van die onluste in Julie 2021 is nie toevallig nie. Hy het sê die aanvalle het ʼn negatiewe uitwerking op die ekonomie, aangesien die vragvervoerbedryf ʼn deurslaggewende rol speel om goedere te vervoer en verskeie sektore te ondersteun.