Vrou van Otavi se liggaam langs voertuig gevindJune 21, 2021

‘n Vrou van Otavi het na bewering selfmoord gepleeg toe sy haarself geskiet het. Volgens die Namibiese polisie is die 55-jarige Anna Cornelia Olivier se liggaam met ‘n skietwond langs haar voertuig gevind. Die voertuig was langs ‘n grondpad in die uitbreiding 4 woongebied gevind. ‘n Haelgeweer is ook op die toneel gevind. Geen selfmoordnota is deur die polisie gevind nie en die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *