SAPD verhoog sigbaarheid langs hoofpaaie

Die Suid-Afrikaanse polisie het hulle sigbaarheid langs hoofroetes verhoog om te voorkom nog vragmotors word aan die brand gesteek. Gereelde patrollies word uitgevoer op hoërisiko-roetes. Die minister van polisie het kennis geneem van die onlangse voorvalle van brandstigting van vragmotors in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Minister Bheki Cele sê die plan van aksie is reeds ingestel en lede werk hard om nog aanvalle te voorkom. Hy raai vragmotorbestuurders en ander padgebruikers aan om verdagte mense en bedrywighede aan te meld.