Charles Manson-volgeling het geglo hy is Jesus
‘n Volgeling van die Amerikaanse reeksmoordenaar, Charles Manson, Leslie van Houten, was maar 19 jaar oud toe sy en ander lede van die sogenaamde Orde van Manson in 1969 by die huis van Leno en Rosemary LaBianca ingebreek en hulle doodgesteek het. Van Houten sê sy het geglo Manson is Jesus Christus. Die moorde was ‘n aand nadat vyf mense in die huis van die rolprentvervaardiger, Roman Polanski vermoor is. Van Houten is die doodstraf opgelê nadat sy in 1971 skuldig bevind is op twee aanklagte van moord. Dit is tot lewenslange gevangenisstraf versag nadat die doodsvonnis in Kalifornië afgeskaf is. Die 73-jarige Van Houten is op parool vrygelaat nadat sy vir meer as 50 jaar in die tronk was.