Landbouministerie verduidelik onderbesteding
Die landbouministerie het sy reaksie gegee op berigte dat 98 miljoen miljoen Namibiese dollar wat vir die departement van grondhervorming bedoel was, aan die tesourie teruggegee is. Kommentators het dit as skandelik beskryf. Volgens die ministerie se geouditeerde finansiële verslag vir 2021/22, wat in die parlement ter tafel gelê is, het die departement van landbou en grondhervorming versuim om sy toegewysde begroting te gebruik. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke het aanbeveel dat die uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata maatreëls instel om onderbesteding te vermy en te verseker dat alle beplande programme geïmplementeer word. Jona Musheko, die ministerie se hoof-skakelbeampte het die onderbesteding aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…