Rugby: Bokkaptein Etzebeth se pa sterf aan kanker

Rugby: Die Springbok-kaptein Eben Etzebeth moet ná die afsterwe van sy pa, Harry, self besluit of hy Saterdag se toets teen die All Blacks in Auckland wil speel of nie. Die bestuurspan van die Springbokke wil uit respek aan hul kaptein aan hom genoeg kans gee om op sy tyd die besluit te kan neem. Hy is tans baie emosioneel nadat sy pa sy stryd teen kanker verloor het. Etzebeth sal as hy besluit om te speel, die Springbokke in die 13de toets as kaptein op die veld lei in die beseerde Siya Kolisi se afwesigheid.