VSA sê Israel met vreedsame protes respekteer

Amerika het ‘n beroep op Israel gedoen om die reg op vreedsame protesoptrede te respekteer. Meer as 70 mense is Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle teen ‘n besluit van die Israelse regering betoog het. Die regering is van plan om voort te gaan met hervormings van die regbank. Die parlement het onlangs ‘n kerngedeelte van die justisie-wetsontwerp gewysig wat die magte van die hoërhof inperk. ‘n Aantal mense is tydens die betogings by Israel se hoof internasionale lughawe in Tel Aviv beseer.