Atletiek: Sportminister verwelkom Caster-uitspraakJuly 12, 2023

Atletiek: Die Suid-Afrikaanse sportminister Zizi Kodwa het die Europese Hof vir Menseregte se besluit oor Caster Semenya se appèl verwelkom. Die dubbele Olimpiese kampioen in die 800 meter het haar appèl dat haar menseregte geskend word, gewen. Die hof het bevind Wêreld-atletiek se reëls diskrimineer teen die 32-jarige atleet deur te eis dat haar testosteroonvlakke verlaag word. Die minister se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die beslissing stel Semenya se stryd om waardigheid in die gelyk en versterk die oproep vir die beskerming van vroueregte in sport.