Navo bespeur nie Wagner-huursoldate in Belarus nie
Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê Navo het nog geen teken gesien van Wagner-huursoldate wat na Belarus beweeg nie. Hy het in Vilnius in Litaue aan joernaliste gesê Navo monitor die situasie deeglik. Pole het die afgelope naweek meer as duisend soldate in die ooste van die land ontplooi te midde van kommer dat die Wagner-groep se bedrywighede in Belarus, tot groter spanning op die Poolse grens kan lei.