Navo-hoof: Oekraïne sal sterk boodskap oor lidmaatskap kry

 Die sekretaris-generaal van die Noord Atlantiese Verdrags-organisasie, Jens Stoltenberg, sê Oekraïne sal ‘n sterk en positiewe boodskap kry om as lid by Navo aan te sluit. Navo-leiers is vandag en môre in Vilnius, Litaue vir die vierde beraad sedert die begin van die oorlog in Oekraïne.  Kiëf soek groter duidelikheid en tasbare sekerheid van wanneer en hoe hy by die Navo kan aansluit wanneer die oorlog teen Rusland verby is. Daar is verdeeldheid in lidlande oor Oekraïne se lidmaatskap. Intussen het Turkye ingestem om Swede se aansluiting by Navo te steun wat deur leiers van Swede, Amerika en Duitsland verwelkom is.