Minstens 13 vragmotors al aan die brand gesteek

Die Sentrum vir Risiko-ontleding se woordvoerder, Chris Hattingh, sê die tydsberekening van die vragmotors wat aan die brand gesteek word rondom die herdenking van die Julie-2021-onluste, is moontlik bedoel om ‘n boodskap te stuur. Die afgelope dae is minstens 13 vragmotors deur gewapende mans in KwaZulu-Natal en Mpumalanga aan die brand gesteek. Die polisie in Empangeni het met ‘n ondersoek begin nadat twee vragmotors Maandagaand aan die brand gesteek is waar hulle in ‘n lang ry gestaan en wag het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.