Wêreldwye rekord-temperature het kettingreaksie
Die Wêreld- Meteorologiese Organisasie sê die begin van dié maand was die warmste week wat ooit vir die planeet aangeteken is. Hy sê nuwe rekord-temperature is aan land en in die oseane opgestel, wat ‘n vernietigende uitwerking op die omgewing kan hê. Michael Sparrow van die organisasie sê indien die oseane beduidend warmer word, kan dit ‘n kettingreaksie in die atmosfeer, op see-ys en op ysgebiede wêreldwyd hê. Hy sê die gevolge van El Niño sal waarskynlik later vanjaar meer voelbaar wees.