Nederlandse premier gaan uit politiek tree
Die Nederlandse eerste minister, Mark Rutte sê hy gaan hom nie beskikbaar stel vir ‘n vyfde termyn nie en gaan ná die verkiesing in November uit die politiek tree. Rutte het Vrydag sy kabinet se bedanking ingedien, nadat ‘n ooreenkoms oor strenger immigrasiebeleid nie bereik kon word nie. Rutte was die langs dienende regeringsleier in die land se geskiedenis. Die 56-jarige Rutte sal aanbly as leier van die tussentydse regering tot ‘n nuwe kabinet saamgestel kan word na afloop van die verkiesing.