Nóg vyf vragmotors in SA aan die brand gesteek

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waar vyf vragmotors met goedere op die N4 naby Waterval-Boven aan die brand gesteek is. Volgens berigte het ‘n groep mense in twee voertuie die vragmotors voorgekeer en die bestuurders beveel om uit te klim. Hulle het toe die vragmotors aan die brand gesteek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sondag was die N3 by Van Reenenspas, die besigste roete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal, vir ure lank gesluit waar ses vragmotors aan die brand gesteek is. Volgens die Padvrag-vereniging was dit ‘n gekoördineerde aanval op die padvragbedryf. Die minister van polisie, Bheki Cele se intussen inhegtenisnemings word binnekort verwag.