Dit sneeu in die Oos-Kaap én Johannesburg!
Inwoners in die suidelike dele van Johannesburg is vanoggend deur ligte sneeu verras. Intussen sê die Oos-Kaapse departement van vervoer die R61-Wapadsbergpas tussen Graaff-Reinet en Cradock is weens sneeu gesluit. Talle berigte van voertuie wat van die gladde pad afgegly het, is aangemeld voor die pas gesluit is. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, maan padgebruikers om ekstra versigtig in die provinsie se passe te bestuur.