Ses vragmotors by Van Reenenspas in KZN aan die brand gesteek
Ses vragmotors is in die vroeë oggendure op die N3 by Van Reenenspas in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Die N3-tolpad is tans in albei rigtings vir verkeer gesluit en opruimingswerk word gedoen. Die woordvoerder van die N3 Tol-konsessie, Thania Dhoogra, sê indien moontlik moet padgebruikers hul reise uitstel. Nooddiens-personeel is nog op die toneel. Die vermeende brandstigters het gevlug. Die motief vir die brandstigting is nog nie bekend nie.