Geskorste SA openbare beskermer ignoreer spertye
Die Suid-Afrikaanse parlement se Artikel 194-komitee sê hy gaan voort met die ondersoek na die geskorste openbare beskermer Busisiswe Mkhwebane se geskiktheid om die pos te beklee, al het sy die soveelste spertyd misgeloop. Mkhwebane het nie op haar spertyd van Vrydag gereageer op geskrewe vrae wat die komitee en getuienisleiers aan haar gestuur het nie. Sy het ook tot 22 Junie tyd gehad om enige bykomende verklarings en dokumente in te dien ter ondersteuning van die tweede deel van haar verklaring. Die voorsitter van die komitee, Qubudile Dyanti sê slotbetoë sal nou aangehoor word, waarna die verslag geskryf sal word.