SA en DRK sluit 38 handelsooreenkomste

President Cyril Ramaphosa en sy eweknie van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, het 38 handelsooreenkomste tussen die twee lande bevestig. Dit sluit ‘n ooreenkoms in om ‘n hidro-elektriese skema te laat herleef. Die Groot Inga-damprojek is ‘n reeks van sewe voorgestelde hidro-elektriese kragstasies in die Kongorivier. As dit gebou word soos beplan is, sal dit die grootste van sy soort ter wêreld wees. Ander ooreenkomste dek sektore soos landbou, verdediging, energie, gesondheid, handel en beleggings.