Regering beskerm nie Namibiese kinders

Die regering slaag nie daarin om die Namibiese kind te beskerm nie. Dit is die reaksie van die Basic Income Grant-koalisie in Namibië ná 45 kinders in die eerste ses maande in die Omaheke-streek aan wanvoeding dood is met meer as 130 gevalle wat aangemeld is. Dr. Basilius Kasera, ‘n ekonomiese teoloog by Unam en lid van die koalisie sê ‘n moontlike oplossing om armoede en wanvoeding reg te stel, is die universele basiese inkomste-toelaag wat reeds bewys is om huishoudings te voorsien van finansiële sekuriteit om voedsel aan te skaf. Dr. Kasera gee sy voorstelle wat die regering moet doen…