Suid-Korea help Afrika met rysproduksie

Suid-Korea sal volgende week ‘n ooreenkoms met agt Afrika-lande onderteken wat daarop gemik is om rysproduksie te versterk en hul afhanklikheid van invoere te verminder. Die besluit volg op toenemende kommer oor voedselsekerheid op die vasteland. Die Suid-Koreaanse minister van Landbou, Chung Hwang-keun, sê die K-Ricebelt-projek sal in Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Gambië, Senegal, Kameroen, Uganda en Kenia ingestel word. Chung sê die doel is om rysproduksievermoë in Afrika te versterk terwyl dit bydra tot voedselsekerheid op die vasteland.