Ramaphosa bring hulde aan Pahad

President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die voormalige minister in die Presidensie Essop Pahad en sê sy bydrae tot die vryheidstryd is oor dekades heen deur veiligheidsoptredes, verbanning en ballingskap gevorm. Die 84-jarige Pahad was ‘n minister onder oudpresident Thabo Mbeki en is in sy slaap oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Pahad het die nasie met trots, beginselvastheid en pragmatisme gedien. Hy was sjarmant maar het terselfdertyd ‘n skerp tong gehad wat vinnig kon reageer as hy uitgelok is: