Waldschmidt dagvaar vir onbetaalde eiers
Waldschmidt Eggs dagvaar Flamingo Inflight Catering vir net minder as 16 000 Namibiese dollar in hoendereiers wat aan die maatskappy tussen 26 Januarie en 14 Junie 2021 gelewer is. In sy stukke sê hy, hy het ‘n ooreenkoms met Flamingo aangegaan in Januarie van daardie jaar. Flamingo het Air Namibia met maaltye en aanboorddienste vir sy vlugte voorsien en die redery, wat reeds finansieel op sy knieë was, is op 26 Maart 2021 gelikwideer. Flamingo is bedien deur die balju maar het geen stukke of enige aanduiding van verdediging aangeteken nie. Waldschmidt Eggs se aansoek vir ‘n verstekvonnis is deur regter Hannelie Prinsloo van die hand gewys as gevolg van ‘n tekort aan besonderhede in sy eis. Die kwessie is blykbaar nou aangespreek en Waldschmidt het vandag te kenne gegee dat hy weer vir ‘n verstekvonnis sal vra.