Data is kritiek vir ontwikkeling en daar’s gapings

Obeth Kandjoze, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, doen ‘n beroep op volle samewerking tussen kantore, ministeries, agentskappe, dataverskaffers, sowel as die Namibië Statistiekagentskap, met die Nasionale Strategie vir die Ontwikkeling van Statistiek wat hy bekend gestel het. Hy sê die strategie is uiters belangrik om datagapings aan te spreek. Dit is oor vier jaar geformuleer deur die Namibiese Statistieke-agentskap met die ondersteuning van ontwikkelingsvennootskappe. Kandjoze sê statistiek is kritiek vir nasionale ontwikkeling en sê daar is ‘n toenemende behoefte aan data.