Krieket: Richelieu Eagles wen eerste T20-wedstryd
Krieket: Die Richelieu Eagles het vandag die eerste T20-wedstryd van die Castle Lite-reeks teen die Cranes van Uganda by United in Windhoek met 26 lopies gewen. Die Cranes het gekies om eerste veldwerk te doen. Die Eagles het 191 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken, waarna die Cranes net 165 lopies kon behaal. Michael van Lingen is as die speler van die wedstryd aangewys. Die spanne sal nog drie T20-wedstryde speel wat môre en die naweek sal plaasvind. Twee eendag-kragmetings volg op 11 en 13 Julie wat om halftien die oggend begin.