Is daar te veel politieke partye in Namibië?

Die lys van politieke partye groei in Namibië en daar is reeds 22 geregistreerde partye in die land, vir ‘n land met ‘n beraamde bevolking van 2,5 miljoen mense. Nou wil die Affirmative Repositioning-beweging ook registreer as politieke party en sy leier, Job Amupanda het ook reeds sy kandidaatskap vir die presidensie, as onafhanklike kandidaat tot dusver, aangekondig. Sommige kenners meen dit verdeel net die stemme verder en lei tot koalisies wat in die meeste gevalle mislik. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing oor sy mening gesels.