Verskeie departemente in Biden-administrasie moet sosiale media uitlos – hofbevel

‘n Amerikaanse federale regter het verskeie agentskappe en amptenare van die Biden-administrasie beperk om te vergader en met sosiale media-maatskappye te kommunikeer om hulle inhoud te modereer. Die aansoek is deur twee Republikeinse prokureurs-generaal in Louisiana en Missouri gebring. In die saak sê hulle regeringsamptenare het te ver gegaan in pogings om plasings wat huiwering tot Covid-entstof opname aanspoor, te beheer. Die gesondheidsdepartement en die FBI is onder die agentskappe wat verbied is. Withuis-amptenare sê die departement van justisie hersien die bevel en sal sy opsies evalueer.