Otji-ontsporing was klein, maar spoor sal tot Saterdag gesluit wees

TransNamib het ‘n nog ‘n ontsporing aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Volgens inligting het ‘n trein tussen Otjiwarongo en Otavi die spoor verlaat, saam met verskeie waens. Volgens Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib is die insident baie klein en sal die spoor weer op Saterdag, 8 Julie oopgestel word.