Handelsministerie konsulteer weer met publiek, Omaheke is eerste aan die beurt

Die handelsministerie se openbare uitreike in verband met verskeie wetsontwerpe, wat die drankwet, die beleggingswetsontwerp en die verbruikers beskermingsbeleid insluit, duur voort. Die publiek word uitgenooi om deel te neem en insette te lewer. Die eerste stop is Omaheke op 10 Julie. Die ministerie se woordvoerder Elijah Mukubonda sê Zambezi en Khomas is ook op die lys.