SAPU veroordeel aanval op motoriste

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie sê die polisie se aanval op ‘n motoris en twee passasiers op die N1-hoofweg in Johannesburg is onaanvaarbaar. Die agt lede wat by die aanval betrokke was, is geïdentifiseer as deel van die BBP-beskermings-eenheid van adjunkpresident Paul Mashatile. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die lede sal interne prosesse oor die aangeleentheid ondergaan. SAPU se nasionale woordvoerder, Lesiba Thobakgale, sê die reg moet sy gang gaan.