Rugby: Duane Vermeulen lei Bokke teen Wallabies

Rugby: Veteraan Duane Vermeulen sal die Springbokke Saterdag aanvoer in die openings-wedstryd in die Rugby-kampioenskap teen Australië in Pretoria, met die losskakel van die Stormers, Manie Libbok, wat die eerste keer ʼn wedstryd in die Groen-en-Goud begin. Die span word beskryf as ʼn span met ʼn kern van Wêreldbeker-wenners asook talentvolle nuwelinge. Die voormalige Ierse toetsspeler, Jean Kleyn, speel in sy eerste toets vir die Bokke op slot. Afrigter Jacques Nienaber het ook 14 spelers aangekondig wat vandag na Nieu-Seeland vertrek om te akklimatiseer voor aanstaande naweek se toets teen die All Blacks.