VF Plus eis skorsing van Mashatile se BBP-lede

Die Vryheidsfront Plus het sy verontwaardiging uitgespreek oor lede van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid se aanranding op motoriste op die N1-hoofweg in Johannesburg. Mashatile het sy kennis van die voorval bevestig en onthul die polisiebeamptes is wel aan hom toegewys. Die party bevraagteken die professionaliteit en opleiding van die lede, en beklemtoon hul optrede ondermyn die eenheid se geloofwaardigheid en is ‘n veiligheidsrisiko. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, eis hulle onmiddellike skorsing en dissiplinêre optrede.