DA boos oor BBP-eenheid wat mans op hoofweg aanrand

Die DA sê hy is diep ontsteld deur ‘n video wat wys hoe lede van die polisie se BBP-eenheid drie mense langs ‘n Gautengse snelweg aanrand. Die videogreep wat die rondte doen op sosiale media, wys hoe minstens agt lede van die BBP-beskermingseenheid ‘n groep oënskynlik-hulpelose mans in ‘n Volkswagen Polo langs die pad aanrand. Die lede van die BBP-eenheid is intussen uitgeken. Andrew Whitfield van die DA sê hulle het die voorval na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verwys: