Dooies ontvang steeds betalings by arbeid

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het volgens plaaslike media bevind dat die arbeidsministerie geen meganisme het om te bepaal of sy begunstidges lewend of dood is nie. Kandjeke sê hy het oorledenes gevind op die werkersvergoeding betaalstaat. Die individue ontvang maandeliks ‘n betaling. Volgens Kandjeke maak die ministerie staat op die Maatskaplike Voorsorgkommissie om sterfgevalle te bepaal. Kandjeke het die bevinding gemaak in die state van die ministerie vir die 2021-22 boekjaar. Hy sê die ministerie is tans besig om ‘n databasis op te bou om teen die inligting van die kommissie te vergelyk om te bepaal watter begunstigdes gesterf het.