Landbou het beduidende rol in werkskepping

Die landbousektor het die grootste potensiaal om werkloosheid in Afrika suid van die Sahara te verminder, volgens Namibië se hoof van die afvaardiging na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se parlementêre forum, Phillipus Katamelo. Hy sê dit is te danke aan die streek se groeiende jeugbevolking. Hy woon die SAOG parlementêre forum by wat tot Saterdag in Arusha, Tanzanië, plaasvind. Katamelo het beklemtoon dat die landbousektor kan bydra tot belangrike streeks-doelwitte soos die uitwissing van armoede en hongersnood, asook die bevordering van intra-Afrika handel en belegging. James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die rol wat die landbousektor in werkskepping moet speel.