Elisenheim brand, dae na ministerie waarskuwing uitreik

‘n Veldbrand het gedurende die nag by Elisenheim, net noord van die hoofstad ontstaan en het uiters vinnig in die berge versprei. Brandspanne is onmiddellik ontplooi maar die brand is nog nie onder bedwang gebring nie. Die omgewingsministerie het verlede week waarskuwings en raad uitgereik in verband met veldbrande met 2,4 miljoen hektaar wat verlede jaar verwoes is. Die reënseisoen het ook teleurgestel en byvoorbeeld, in die westelike dele van Etosha, is ‘n skamele 8mm vir die jaar aangeteken, dit na ‘n verwoestende brand en die skade is dus nie herstel nie.