Inenting van onderwysers in Suid-Afrika verwelkom

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole is volgens berigte dankbaar dat die buurland se onderwysdepartement Covid-19- entstowwe kon bekom om onderwysers te kan inent. Volgens Jaco Deacon van Fedsas gaan dit baie help om normaliteit terug te bring en alle provinsies is gereed vir die veldtog.Inenting van onderwysers in die buurland sal vrywillig wees, maar die minister van basiese onderwys Angie Motshekga beveel dit sterk aan.