Malatji eis 50% jeug in SA-parlementJuly 4, 2023

Die nuutverkose president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji sê hulle sal niks minder as 50 persent jeugverteenwoordiging in die parlement en in provinsiale wetgewers aanvaar nie. Hy is oor die naweek onbestrede by die jeugliga se konferensie verkies. Malatji het beklemtoon dat die jeug nie verskoning hoef te vra vir hul standpunte oor beleid en die rigting wat die land moet inslaan nie. Hy het bygevoeg dat die parlement nie ‘n ouetehuis is nie: