Onluste in Frankryk was nie teen Macron se beleid nie…
Die Franse President Emmanuel Macron vergader vandag met die burgemeesters van 220 munisipale gebiede wat deur die onlangse geweld in die land geraak is. Gewelddadige betogings het verlede week uitgebreek nadat die polisie ‘n 17-jarige tiener by ‘n padblokkade doodgeskiet het. Meer as 700 mense is in hegtenis geneem. Die polisiebeampte wat beskuldig word dat hy die tiener geskiet het, word van strafbare manslag aangekla. Macron het die minister van binnelandse sake opdrag gegee om ‘n groot polisieteenwoordigheid in die strate te handhaaf, al lyk dit asof die geweld bedaar het. ‘n Voormalige beleidshoof by Navo, Fabrice Pothier, sê die onluste het baie min met Macron se beleid uit te waai. Dit handel oor gemarginaliseerde gemeenskappe …