Meer as kwart van SAPD-diensvoertuie is onbruikbaar

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het onthul meer as ‘n kwart van die diensvoertuie in verskeie provinsies is tans onbruikbaar. Die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal word die ergste geraak. Cele het op die DA se parlementêre vraag oor die toestand van diensvoertuie geantwoord. Hy het bevestig die SAPD worstel met kritieke mislukkings met die instandhouding en herstel van sy vloot. Die DA se nasionale woordvoerder oor die polisie, Andrew Whitfield, sê die situasie ondermyn die polisie se vermoë om spoedige reaksie-dienste aan gemeenskappe te lewer.