Pole versterk sekuriteit by sy grens met Belarus

Pole sê hy sal 500 polisielede stuur om sekuriteit by sy grens met Belarus te versterk om die toenemende getalle migrante wat die land onwettig binnekoms, en enige moontlike bedreigings die hoof te bied. Dit volg na die Wagner-groep sy huursoldate na Belarus verhuis het. Die polisiemag sal by 5 000 grenswagte en 2 000 soldate aansluit om die grens te beveilig. Pole beskuldig Belarus daarvan dat hy sedert 2021 ‘n migrantekrisis op die grens kunsmatig geskep het deur mense van die Midde-Ooste en Afrika in te vlieg en hulle oor die grens te probeer dwing.