KZN moet voorberei op klimaatsverandering

Die DA in KwaZulu-Natal sê die erge oorstromings in April verlede jaar, sowel as die jongste uiterste weerstoestande verlede week, benadruk weer eens die dringende behoefte aan daadwerklike klimaatsoptrede. Sewe mense is dood in die storm in die provinsie verlede Dinsdag. Die DA-lid, Hannah Shameema Winkler, sê dit is noodsaaklik dat munisipaliteite regdeur die land voorsien word van die hulpbronne, ondersteuning en ‘n regsraamwerk wat nodig is om veerkragtigheid te bou teen ‘n toenemende aantal klimaatskokke: