Gevegte in Sudan duur voort

Gevegte tussen Sudan se weermag en Rapid Support Forces het verskerp soos die oorlog sy 12de week binne gaan met geen vredespogings in sig nie. Lug- en artillerieaanvalle sowel as vuurwapens kon in die stad Omdurman, sowel as in die hoofstad Khartoem gehoor word. Die Rapid Support Forces sê hy het ‘n weermag-gevegsvliegtuig en ‘n hommeltuig in Bahri neergevel terwyl hy die hoofstad op die grond oorheers het. Weermaghoof Abdel Fattah al-Burhan het verlede week ‘n beroep op jong mans gedoen om by die stryd aan te sluit.