Estina-bedrogsaak duur vandag voort

Die Pretoria-landdroshof hoor vandag die getuienis aan van ‘n staatsgetuie in die Estina-belastingbedrogsaak van 37,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die aanklagte van bedrog hou verband met ‘n pasteuriseringsaanleg wat uit Indië ingevoer is en op ‘n faktuur van Gateway, ‘n Gupta-maatskappy in die Verenigde Arabiese Emirate gesit is. Die nasionale ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die twee beskuldigdes wat Gupta-medewerkers is, staar onder andere aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Internasionale Handelsadministrasie in die gesig: