Dit blyk of Hosea Kutako lewende diere in baggasie misgekyk het

Die veteraan joernalis Dirk Heinrich, sê hy is oortuig dat ‘n Tsjeggiese burger wat op 23 Mei vanjaar in Wene vanaf Addis Abeba aangekom het en betrap is met 85 geitjies, twee slange en twee skerpioene, daardie diere in die Dorob Nasionale Park gesteel het. Volgens Heinrich is die waarde van die diere op 47 000 euro, of 966 000 Namibiese dollar bepaal. Hy sê hy kon die spesies bepaal van foto’s wat van die diere bekend gestel is en sê die geijties is endemies aan Namibië. Dus meen hy, die man het via Hosea Kutako Internasionale Lughawe met Ethiopian Airlines na Addis gevlieg. Hy vra hoekom die diere nie by die lughawe opgetel is nie en sê die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Teofilus Nghitila is ook onbewus van die storie. Die man het blykbaar aan owerhede in Wene gesê die geitjies het vir hom geen waarde nie en is saamgeneem om sy slange te voer. Sou Heinrich reg wees, sal dit nie die eerste keer wees wat skandering by Hosea Kutako misluk het nie. In 2016 het ‘n Chinese burger dit reggekry om 18 renosterhorings by die lughawe uit te smokkel om op sy aankoms in Johannesburg gearresteer te word.